Kierieklapper Kunstefees 2012
MF
 
Flash
Broodkrummel: Kierieklapper Kunstefees 2012
 

 

facebook.png 
logotmp.jpg 


 
Welkom

 

Die Mutual & Federal Agri Kierieklapper Kunstefees word elke jaar gehou in Mokopane (voorheen Potgietersrus), Limpopo Provinsies op Hoërskool Piet Potgieter se skoolterrein. 
 
Mokopane en Limpopo Provinsies kan hul vere weer regskud vir vanjaar se Kierieklapper Kunstefees.  Dit sal die 12de fees wees en belowe om weereens ‘n uithaler fees te wees.

Die Kierieklapper Kunstefees (KKKF) is ‘n inisiatief van die Dienssentrum vir Bejaardes van Mokopane, waarvan die inkomste aangewend word vir die kwalitatiewe versorging van die bejaardes reg deur die jaar.

Vir die eerste keer moet feesgangers hekgelde betaal om toegang te kry tot die KKKF en die golfdag gaan steeds voort soos vorige jare.

Hierdie jaar sal ons Karlien van Jaarsveld, Adam, Jakkals en Leeu (Jakkie Louw en Kevin Leo) en SA se suksesvolste Idols–wenner nog – Heinz Winckler - by die KKKF sien.

Die KKKF het ook ‘n Gospelfees beplan met onder andere ‘Onbeskaamd’ en ‘n geestelike kinderproduksie, Rooikappie en Wolf.
 
Dagboek solank 9 tot 12 Augustus 2012, bring die gesin en word vermaak deur kunstenaars uit die boonste rakke!

 

Endorser
Tuis | Kunstenaars | Kontak ons Mutual and Federal © 2012